Goedvoel-storie: Vroue in wetstoepassing skenk aan ‘hospice’

Deel hierdie storie / Share this story

DE AAR. – Vroue in wetstoepassing het Sondag 13 Augustus ‘n spesiale kerkdiens gehad, waarna hulle skenkings aan De Aar-hospitium in Malaykamp gemaak het.

Sers. Timothy Sam sê die vroue, bestaande uit SAPD, DTSL, SANDF en DCS sowel as binnelandse sake, wat deur manlike kollegas ondersteun is, het eers ‘n kerkdiens by De Aar-weermagbasis bygewoon.

Die kerkdiens was bedoel vir opheffing en gebed vir veiligheid en sekuriteit van vroue in verskillende sfere wat met misdaadbekamping betrokke is.

Na die kerkdiens het die vroue hulpmiddelle aan die hopitium geskenk om ondersteuning te bied aan hul missie om siekes en terminaal siek persone te versorg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel