KWAZULU-NATAL. – Twee persone het kritieke beserings opgedoen toe ‘n motorvoertuig en vragmotor Dinsdagaand 15 Augustus 2023 op die R34-en-R3-interseksie in ‘n ongeluk betrokke was.
Chantelle Botha van KwaZulu Private Amublance Service sê hulle het na rapportering van die ongeluk na die toneel gehaas.
Twee persone met kritieke beserings is op die toneel aangetref. Een persoon wat in die wrak vasgekeer was, is met hulp van ‘n gespesialiseerde reddingstegnikus bevry.
Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



