Lauren Dickason skuldig aan moord

Deel hierdie storie / Share this story

CHRISTCHURCH, NIEU-SEELAND. – Die Suid-Afrikaner, dr. Lauren Anne Dickason (42), is vandag deur ‘n jurie skuldig bevind aan moord.

Hierdie skuldigbevinding van die jurie van agt vroue en vier mans kom as ‘n meerderheidsbesluit wat deur die regter aanvaar is.

Terwyl die vonnis vir drie moorde uitgelees is, het Dickason kalm voorgekom. Terwyl regter Cameron Mander die jurie ontslaan het en hy die verhoor as moeilik en grusaam beskryf het, is Dickason uit die hof geneem.

Sommige jurielede en Anne Toohey, Dickason se prokureur, was in trane.

Op 16 September 2021 het Dickason haar en Graham Dickason se drie dogters, Liané (6) en tweeling Maya en Karla (2) om die lewe gebring. Getuienis het daarop gedui dat sy hulle eers met kabelbinders probeer verwurg het en daarna met ‘n handdoek versmoor het. Dickason het daarna haar eie lewe probeer neem.

Graham Dickason, haar man wat by ‘n werksfunksie was, het op die toneel van sy vermoorde dogters afgekom.

Lauren Dickason is na ‘n hospitaal gehaas en het daarna erken dat sy die kinders doodgemaak het, maar het haar op waansin of kindermoord beroep. Daar is onder meer aan die hof voorgehou sy het die kinders uit liefde doodgemaak, sy het nie geweet wat sy doen is moreel verkeerd nie en dus nie krimineel verantwoordelik nie.

In ‘n vier weke verhoor het die jurie die laaste sê gehad en besluit dat sy wel skuldig is aan moord.

Scott Anderson, speurder-inspekteur, het in ‘n verklaring simpatie aan die familie van die drie oorlede dogters uitgespreek, “who will never get to see Liané, Maya, and Karla grow up and live their lives.”

Hy het die ondersoekspan vir hul harde werk bedank, asook die Dickason- en Fawkes-families vir hul betrokkenheid regdeur die ondersoek, wat as uitdagend en kompleks beskryf is.

Malcolm en Wendy Fawkes, Dickason se ouers, en uitgebreide familie, het ‘n verklaring na die beslissing uitgereik:

“Post-partum depression is a terrible thing, as has been shown by what happened to our family on 16 September 2021.

“This was not our daughter, but a debilitating mental illness which resulted in an awful tragedy, the details of which you are by now well aware.”

They said Lianè, Karla and Maya were “taken from this life to another as a result of this crippling disease”.

“We would like to thank the people of New Zealand, South Africa and from around the world who have been so understanding of the effects of post- partum depression and mental illness, and who have given us incredible support.

“The New Zealand Government agencies who have interacted with our family have reached out to us in a most generous and compassionate way. We thank the good people of New Zealand for that.”

They said there are “no winners in this tragedy”.

“We would like to encourage families and individuals around the world to be aware of the symptoms of post-partum depression as early as possible, both for yourselves as well as close family and friends around you.

“If treated early and managed correctly, people can experience a full recovery. The person experiencing depression and those closest to them may not be able to recognize the signs or how serious post-partum depression can become.”

Bronne: NZ Herald, 1News en RNZ

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel