Leerlinge in onverwante voorvalle in Limpopo dood

Deel hierdie storie / Share this story

SANDSLOOT, LIMPOPO. – Willem Ngoepe is as die matrikulant geïdentifiseer wat oorlede is nadat hy glo in ‘n geveg met ‘n mede-leerling betrokke was.

Mike Maringa sê die voorval waar Ngoepe vermoedelik deur ‘n mede-leerling met ‘n voorwerp oor die kop geslaan is, het Donderdagaand 17 Augustus 2023 by ‘n matriek-skoolkamp by Sekondêre Skool Mpirwabirwa plaasgevind en hy is Vrydag 18 Augustus oorlede.

POLOKWANE, LIMPOPO. – In ‘n onverwante voorval het ‘n bussie wat leerlinge vervoer het Donderdag 17 Augustus met ‘n bus in Polokwane gebots.

Die onderwysdepartment in Limpopo sê vyf leerlinge is in ‘n hospitaal opgeneem, waarna een van Hoërskool Capricorn se leerlinge kort na opname oorlede is. Nog een van die leerlinge is Sondag 20 Augustus in die intensiewesorgeenheid oorlede. Drie leerlinge sterk steeds in die hospitaal aan.

Lerule Ramakhanya, LUR vir onderwys sê: “We are deeply saddened by the passing of our learners from Capricorn and PEMS after a horrific accident. Condolences to the families that are going through the worst pain of losing a child. We have sent our social workers to the affected schools for a debriefing and pyscho-social support assistance. Our teams will continue to offer the much-needed support to all the affected schools.”

FiND iT het voorheen soos volg berig:

SANDSLOOT, LIMPOPO. – Wallen Tatesi Nthutse Ngoepe (20) se dood op Sondag 20 Augustus 2023 in ‘n woonbuurt naby Mahwelereng word deur die polisie ondersoek.

Kol. Malesela Ledwaba sê na bewering was Ngoepe op Vrydag 18 Augustus in ‘n bakleiery by die skool betrokke.

Hy was beseer en is deur sy familie na ‘n hospitaal geneem. Nadat hy Sondag ontslaan is, is hy weens komplikasies by die huis oorlede en is sy liggaam na ‘n lykshuis geneem.

Die polisie is deur die familie en skool van sy dood verwittig. ‘n Geregtelike doodsondersoek is aandie gang om die oorsaak van die oorledene se dood vas te stel.

Enigiemand met inligting kan kapt. Mallela Shimane by 071 678 3305 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel