Lees ook: Duitsland werk aan uitlewering van Markus Jooste
OLDENBURG, DUITSLAND.- Twee van Markus Jooste se medebeskuldigdes is gister in die Oldenburg-hof gevonnis.
Die Europese finansiële hoof Dirk Schreiber is tot drie en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Die voormalige direkteur Siegmar Schmidt het ’n opgeskorte vonnis van twee jaar gekry. Die vonnisse is met ’n jaar verminder omdat die ondersoek so lank geneem het.
Die Duitse owerhede is besig om te werk aan die uitleweringsproses na ’n lasbrief vir Jooste se inhegtenisneming in Junie uitgereik is. Die lasbrief is uitgereik na Jooste nie opgedaag het vir die verhoor nie.
Bronne: George Herald, Netwerk24, Cape Talk



