Andrew Tate verskyn in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Andrew Tate vrygestel van huisarres voor verhoor

ROEMENIE. – Andrew Tate en sy broer, Tristan, het vandag die eerste keer in die hof verskyn. Toe Tate die hof verlaat, het hy gesê: “Ek is lief vir die land en ek sien daarna uit om onskuldig bevind te word”.

Tate word aangekla van verkragting, mensehandel en die vorm van ‘n kriminele organisasie wat vrouens seksueel uitbuit.

Tristan en twee vrouens word ook van verskeie aanklagtes beskuldig.

Die verhoor sal nie dadelik begin nie en sal waarskynlik jare neem. Die regter het 60 dae om die dokumente in die saak te hersien voor ’n verhoor gereël kan word.

Bronne: BBC, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Andrew Tate vrygestel van huisarres voor verhoor