Chrowthorne Christian Academy deur onderwysdepartement gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

MIDRAND, GAUTENG. – Nadat ‘n herrie by Crowthorne Christian School ontketen is oor ‘n haarstyl waarna kriminele sake geopen is, sowel as ‘n inhegtenisneming en ‘n hofsaak gevolg het, was dje onderwysdepartement steeds van plan om die skool te ondersteun. Dit was ook net tot hulle Donderdag 17 Augustus 2023 voor dooiemansdeur te staan gekom het.

Steve Mabona, woordvoerder vir Gauteng-onderwysdepartement, sê die skool was nie wetlik geregistreer nie en die departement wou hul ondersteun om wel te registreer. Die departement wou ook die skool deur ander prosesse bystaan wat onder meer die grondwet, demokrasie, onderwyswaardes en respek vir menseregte sou insluit.

Volgens Mabona kon die departement op Maandag 14 Augustus die skool besoek, maar Donderdag was die skool toegemaak en agter slot en grendel. Mabona sê die besoek was aan ‘n perseel waarheen daar sonder toestemming verskuif is.

Verskeie pogings tot kontak het niks opgelewer nie, wat die departement laat besluit het om die onwettige skool te sluit en dienooreenkomstig ‘n kennisgewing uit te reik.

Alle leerders aan die fasiliteit sal alternatiewelik deur die departement geplaas word. Ouers van leerlinge moet die departement in die verband kontak.

FiND iT het die skool vir kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel