Meer as 100 mense in hegtenis na kerke brand

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor

JARANWALA, PAKISTAN. – Die weermag is in Jaranwala ontplooi na ’n skare verskeie kerke aan die brand gesteek het en huise geplunder het oor aantygings dat twee mans die heilige boek van die Islam, die Koran, geskeur en beledig het.

Die weermag is na die Christen-deel van die dorp gestuur om alle in- en uitgangspunte te blokkeer. Meer as 120 mense is vir die brande en plundery in hegtenis geneem.

Die geweld het Woensdag begin na twee mans glo blaaie uit die heilige Koran geskeur het en beledigende boodskappe op die blaaie geskryf het. Die polisie is ook op soek na die mans om hulle vir laster in hegtenis te neem.

Bronne: DW – South Africa, The Star, BBC

Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor