Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel
VSA. – Die bekende sanger Britney Spears (41) en haar man, Sam Asghari (29) is glo van plan om te skei na hulle slegs 14 maande gelede getrou het. Die paar het in Junie 2022 die knoop deurgehak.
Die twee het in 2016 begin uitgaan na hulle op die stel van haar Slumber Party-musiekvideo ontmoet het. Asghari het Spears in September 2021 gevra om te trou.
‘n Bron het Woensdag die nuus gebreek aan ET dat die paar uitmekaar is na bewerings dat sy hom verkul het. Die bron het gesê Asghari het klaar die skeiproses aan die gang gesit. Die bron het ook gesê Spears hou vol dat sy nie aan haar man ontrou was nie.
Bronne: The Blast, CNN, The Mirror
Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel



