Lees ook: Brandstofpryse styg waarskynlik in September
‘n Styging in brandstofpryse is vir September voorspel, met die prys van albei grade petrol wat tussen R1.30 en R1.45 kan styg en die prys van diesel wat met soveel as R2.60 kan toeneem en paraffien met R2.55.
Die AA en ekonomiese kenners het voorspel sodanige styging kan inflasie laat toeneem en die rentekoers laat klim.
Die woordvoerder vir die AA het gesê as die brandstofstygings plaasvind soos dit voorspel is, sal dit die hoogste prys sedert verlede Desember wees.
Bronne: IOL, News24, The Citizen



