Ambulans wat swanger vrou vervoer, in ongeluk betrokke

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ambulans wat ‘n swanger vrou vervoer het, het Sondagmiddag teen die agterkant van ‘n bakkie in Oakfordweg in Oakford, KZN, gebots.i

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 14:13 na die toneel uitgeroep. Met aankoms is vasgestel dat ‘n 27-jarige swanger vrou op pad na die Mahatma Gandhi-hospitaal in ‘n Mercedes-Benz-ambulans was toe dit met ‘n Mitsubishi Triton gebots het.

LEES OOK: Jong renjaer (18) sterf na ongeluk op renbaan

Volgens die bestuurder van die bakkie het hy die voertuig per ongeluk in park gesit wat veroorsaak het dat dit skielik tot stilstand gekom het. Vyf kinders van tussen vyf (4) en sewe (7) het ten tyde van die botsing agter op die bakkie gesit.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel