Die 18-jarige renjaer Dilano van ‘t Hoff is Saterdagoggend by die ikoniese Spa-Francorchamps-renbaan in België in ‘n ongeluk dood.
MARCA berig die ongeluk het naby die einde van die FRECA-resies plaasgevind. Adam Fitzgerald, Joshua Dufek en Enzo Scionti was ook betrokke.
Van t’ Hoff se motor het glo ‘n versperring teen 200 km/h getref, waarna ‘n ander motor ook in sy motor vasgery het.
Die resies is onmiddellik gestop en die bestuurders is deur die mediese span op die baan behandel.
Van t’ Hoff en Fitzgerald is na die mediese sentrum geneem, waar vasgestel is dat Van t’ Hoff oorlede is.
Die area waar die ongeluk plaasgevind het, is dieselfde plek op die baan waar die F2-bestuurder Anthoine Hubert in 2019 dood is.



