Twee beseerdes in wrak vasgekeer na kop-aan-kop in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Twee insittendes van ‘n voertuig wat Sondagmiddag in ‘n kop-aan-kop-botsing in Toddstraat in Verulam, KZN, betrokke was, moes met reddingskake uit die wrak bevry word.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het lede omstreeks 19:28 ‘n oproep om bystand ontvang vir twee insittendes wat in die omgeslaande wrak van ‘n Renault Stepway vasgekeer was.

Die Ethekwini-brandweer en -reddingsdienste het kort daarna opgedaag en albei insittendes uit die voertuig gehaal. Hulle is ernstig beseer.

LEES OOK: Jong renjaer (18) sterf na ongeluk op renbaan

Die wit Renault Stepway was vanaf Oaklands in die rigting van Everest Heights op pad toe dit reg van voor teen ‘n blou Toyota Camry gebots het wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Die bestuurder van die Toyota Camry het ligte beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel