Twaalf studente sal na verwagting môre in die Alice-landdroshof verskyn nadat ‘n groep studente glo die eksamenlokaal by die Alice-kampus van die Fort Hare-universiteit aan die brand gesteek het.
Die polsiie op Alice is Sondagaand omstreeks 20:20 na die toneel ontbied na verskeie klagtes oor die gewelddadige protesaksie.
Die protes het glo begin na ‘n interne stryery oor eksamens.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 19 en 22 jaar oud, sal Dinsdag in die hof verskyn.



