Lees ook: Kind steek glo skoolslaapsaal aan brand oor gekonfiskeerde selfoon
‘n Tienermeisie (15) is op 19 aanklagtes van moord aangekla na ‘n brand in ‘n skoolslaapsaal in Guyana uitgebreek het
Die owerhede het gesê die brand by die Sekondêre Skool Mahdia is aspris gestig deur die meisie wat kwaad was omdat haar foon gekonfiskeer is. Die foon is glo gevat na sy met ‘n ouer man gekommunikeer het op ‘n manier wat onvanpas was.
Die meisie word as ‘n volwassene aangekla. Sy het Maandag virtueel in ‘n hof in Georgetown verskyn.
Die dodetal het Dinsdag na 20 gestyg toe een van die brandslagoffers in ‘n hospitaal gesterf het. Altesaam 19 meisies tussen die ouderdomme van 12 tot 18 is oorlede. Die slaapsaalbestuurder se vyfjarige seun is die 20ste slagoffer.
Die saak is uitgestel tot 5 Julie wanneer prokureurs sal besluit of hulle gereed is om met die verhoor te begin.
Bronne: Atalanta Black Star, Voice Newspaper, Big News Network
Lees ook: Kind steek glo skoolslaapsaal aan brand oor gekonfiskeerde selfoon



