Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind
Die eksamens by Fort Hare sal voortgaan vanaf vanmiddag na studente glo die eksamenlokaal by die Alice-kampus aan die brand gesteek het.
Die studentee het glo Sondagaand die brand begin om die eksamens te laat uitstel. Hulle het glo gekla die rooster is te vol.
Die universiteit het gesê vanmiddag se eksamens sal voortgaan soos beplan, maar vanoggend se eksamens sal eers uitgestel word.
Die universiteit is besig om die brandvoorval te ondersoek.
Bronne: eNCA, Surgezirc, HeadTopics, Be Loud
Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind



