Nyanga – twee mans dood, vyf veg vir lewens

Deel hierdie storie / Share this story

Polisiespeurders in die Wes-Kaap het moord en poging tot moord dossiere geopen wat ondersoek word nadat sewe mans by Nyanga taxi-staanplek aangerand is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die aanranding het tot die dood van twee mans, onderskeidelik 23 en 26-jaar oud, gelei.

Vyf ander slagoffers tussen die ouderdomme van 15 en 27-jaar oud wat ernstig beseer is, is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem waar hul vir hul lewens veg.

Omstandighede wat tot die insident gelei het word deur die polisie ondersoek.

Meer mannekrag is in die Nyanga taxi-staanplek-area ontplooi in ‘n poging om die verdagtes wat hierdie misdade gepleeg het aan te keer.

Dit is ook om te keer dat verdere kriminele aksies plaasvind.

Speurders volg alle leidrade op, ook dat die die motief moontlik ‘n vigilante aanval is.

FiND iT het voorheen so oor die voorval berig:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.