‘n Man (49) is Sondagaand omstreeks 19:00 by sy huis in Kookrus met ‘n gesnyde keel in die bad gevind.
Sers. Shaan Motsapi, polisiewoordvoerder van Meyerton-polisie in Sedibeng distrik, sê polisie is na die toneel van ‘n moord toneel ontbied.
Met aankoms is gevind dat die oorledene se neef verby sy oom se plek beweeg het.
Hy het glo iets vreemds opgemerk, het besluit om ondersoek in te stel en het die huis betree.
Nadat hy die badkamer binnegegaan het, het hy tot sy ontsteltenis sy oom se lewelose liggaam met ‘n oop wond aan sy nek in die bad gevind.
Die motief vir die moord is deel van die voortdurende polisie ondersoek.
Tot op hede is nog geen inhegtenisnemings gemaak nie.
SAPD versoek enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help om die skuldige(s) aan te keer om na vore te kom.
Tree in verbinding met die naaste polisietasie of Stop Misdaad kan by 08600 10111 gekontak word.
Alternatiewelik kan anonieme wenke op die MySAPS toepassing gemaak word.
Community Emergency Response Team se Vaal bemanningslede het die toneel bygewoon en die oorledene is deur mediese personeel dood verklaar. Die misdaadtoneel is daarna aan SAPD oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



