Beweerde moordenaar van Mark Regal gaan vir borg aansoek doen

Deel hierdie storie / Share this story

Mark Regal (50 ten tyde van die misdaad) is op 11 November 2020 op sy pa se plaas, met die naam Thelma in Odendaalsrus, tydens ‘n beweerde plaasaanval, doodgeskiet. Khulekani Kaizer Mthethwa (45) is vir die misdaad in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Mthethwa is twee jaar nadat die boer en een van die beweerde verdagtes van die plaasaanval doodgeskiet is, met DNA bewyse aan die misdaad verbind.

Na bewering het twee verdagtes die boer op sy pa se plaas aangeval, waarna die boer deur een van die verdagtes doodgeskiet is.

‘n Moordsaak was geregistreer en die ondersoek is deur lt.kol. James Mahlatsi van provinsiale georganiseerde misdaad ondersoek.

Die ondersoek het deur DNA en opsporing na Mthethwa, wat vir ‘n besigheidsroof wat in Odendaalsrus gepleeg is, verhoorafwagtend en sedert 2021 in aanhouding was, gelei.

Kol. Mahlatsi het die verhoorafwagtende Mthethwa in hegtenis geneem en aangekla vir Regal se moord.

Hy het vandag in die Welkom-laddroshof verskyn waarna die saak na 2 Junie 2023 vir borgaansoek uitgestel is.

FiND iT het voorheen so berig:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.