Een persoon is dood en een ernstig beseer toe aanvallers Maandag 22 Mei 2023 na bewering buitelandse burgers op Agtervlei plaas in Bo-Piketberg, in die Wes-Kaap aanval.
Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting het onthul dat drie onbekende gewapende mans, wie se gesigte met klapmusse bedek was, na bewering die woonplek op die plaas binnegegaan het.
Die aanvallers het glo na die oorledene gesoek.
Na bewering is hulle na die slaapkwartiere en ‘n skietery het in die badkamer ontstaan. Daar is lukraak op ander vlugtende inwoners losgebrand.
Met aankoms van polisielede op die toneel het hulle die liggaam van ‘n man met verskeie skietwonde wat oorlede is aangetref. Nog ‘n man wat tydens die skietery ernstige beseer is, is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Sake van moord en poging tot moord is deur die polisie geopen.
Gesoute speurders verbonde aan die provinsiale speurtak van ernstige en geweldsmisdaadseenheid is na Piketberg gestuur om plaaslike speurders met die ondersoek by te staan.
Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om met die plaaslike polisie in verbinding te tree, of die Stop Misdaad nommer 08600 10111 te bel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



