Vrou op plaas glo oorval en beroof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (53) is Dinsdag om ongeveer 21:30 op ‘n plaas in die Hemel en Aarde vallei tussen Hermanus en Caledon in die Wes-Kaag glo deur vier rowers oorval.

Lt.kol. Malcolm Poje, polisiewoordvoerder, sê voorlopige ondersoek dui aan die eiendom is deur vier onbekende mans, wie balaklavas aangehad het en een na bewering gewapen was, betree.

Nadat hulle haar hond geskiet en gewond het, het hulle die vrou gedreig.

Sy is met kledingstukke vasgebind, waarna die huis geplunder is.

Die verdagtes het met waardevolle items, wat juwele insluit, met ‘n Toyota-dubbelkajuitbakkie, wat aan die slagoffer behoort, van die toneel gevlug.

Die bakkie is later verlate in die Hemel en Aarde vallei, ongeveer 7 km van die misdaadstoneel, gevind.

Die slagoffer het later daarin geslaag om haarself te bevry en het die paniekalarm vir hulp geaktiveer.

Hermanus-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en diefstal van motorvoertuig.

Die beweerde verdagtes is steeds soek en enigiemand met inligting word versoek om met Hermanus-polisie of Stop Misdaad by 08600 10111 in verbinding te tree.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.