Boer Tienie en sy vrou is Woensdag 24 Mei 2023 omstreeks 16:00 op hul plaas langs die R503 tussen Klerksdorp en Hartbeesfontein in Noordwes aangeval.
Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die vrou was buite om water te pomp toe sy na bewering deur vier onbekende verdagtes genader is.
Sy is vasgebind en nadat haar man agterdogtig geword het omdat sy te lank neem, het hy na haar gaan soek.
Hy is glo ook oorval en vasgebind.
Die egpaar is die huis ingeneem en aangerand terwyl die verdagtes geld eis.
Die booswigte het met die egpaar se yskas, TV, twee vuurwapens en twee selfone van die toneel gevlug.
Die voertuig waarmee hulle die toneel verlaat het, is naby Stilfontein op die N12 verlate gevind.
‘n Saak van huisroof word ondersoek.
Geen inhegtenisnemings is gemaak nie en die ondersoek duur voort.
Oorgrens Veiligheid sê na bewering is die boer en sy vrou met hul aankoms by hul huis deur vier gewapende aanvallers ingewag en oorval.
Die verdagtes wat met handwapens bewapen was, het die paar aangerand en vasgebind.
Die plaashuis is geplunder en verskeie items wat vuurwapens insluit, is glo geroof.
Huishoudelike items wat meubels insluit, is op die boer se rooi Isuzu bakkie gelaai.
Die aanval het tot ongeveer 21:20 plaasgevind voordat die aanvallers gevlug het.
Die saak word deur die polisie ondersoek, maar geen in hegteninsnemings is tot op hede uitgevoer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



