‘n Ernstige ongeluk het Saterdagoggend in Caledonstraat in Kariega plaasgevind. Twee mense se lewens is geëis en ‘n derde is ernstig beseer.
FiND iT het voorheen berig volgens die polisie het die bestuurder van ‘n Toyota Yaris omstreeks 07:24 beheer oor die voertuig verloor, in ‘n betonpaal vasgejaag en toe twee voetgangers raakgery voor die voertuig tot stilstand gekom het.
Die bestuurder, John Tessner (36) van Uitenhage, is dood. Een van die voetgangers (51) is ook op die toneel dood. Die tweede 50-jarige voetganger is ook ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Kyk die video hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



