Twee dood toe bestuurder beheer verloor, voetgangers tref

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ernstige ongeluk wat vroeg Saterdagoggend in Caledonstraat in Kariega plaasgevind het, het die lewens van drie persone geëis en ‘n derde ernstig beseer.

Volgens die polisie het die bestuurder van ‘n Toyota Yaris omstreeks 07:24 beheer oor die voertuig verloor, in ‘n betonpaal vasgejaag en toe twee voetgangers raakgery voor hy tot stilstand gekom het.

Die bestuurder, John Tessner (36) van Uitenhage, is dood. Een van die voetgangers (51) is ook op die toneel dood. Die tweede 50-jarige voetganger is ook ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel