FlySafir beplan om vir sy negende verjaardag vliegkaartjies vir slegs R9 te verkoop. Die lugdiens sal altesaam 50 000 kaartjies teen R9, lughawebelasting ingesluit, verkoop.
Die kaartjies sal vir bepaalde vlugte en sitplekke tussen Mei en November vanjaar beskikbaar wees, het die lugdiens gesê.
Die lugdiens het verlede jaar meer as 31 000 kaartjies teen R8 elk verkoop en ook die jare voor dit nadat hy op 16 Oktober 2014 in bedryf gekom het.
“Die uitverkoping is altyd opwindend,” sê Kirby Gordon, die lugdiens se hoof- uitvoerende beampte.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



