Die publiek se samewerking word gevra om die vermiste tienermeisie Abigail Meryl Singh van Trenance Manor in KZN op te spoor.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het Singh Saterdagaand omstreeks 23:00 glo saam met haar maat haar huis verlaat ten spyte van die feit dat haar ma haar verbied het.
Singh besit nie ‘n selfoon nie.
Sy is as vermis aangemeld.
Enigiemand met inligting kan Rusa by 086 1234 333 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



