Lees ook: Liggaam van vermiste vrou in septiese tenk gevind
Die polisie in Mpumalanga het Thabo Silas Tsotetsi (40) in hegtenis geneem ses maande na die liggaam van ’n vrou in sy dak ontdek is in die huis waar hy met die ma van sy kind gebly het.
’n Maand voor die vrou se liggaam ontdek is, het die ma van Tsotetsi se kind by hom ingetrek en aanhoudend gekla oor ’n slegte reuk in die huis, maar hy het aangehou dit is dooie rotte in die dak.
Sy het die polisie gebel en hulle het die onbindende liggaam van Nosipho Caroline Mthombeni (34) in die dak ontdek.
Tsotetsi is Vrydag op Witbank in hegtenis geneem en was Maandag in die Balfour-landdroshof waar die saak uitgestel is tot 17 Mei.
Bronne: IOL, VN Explorer, Times LIVE



