Sunaina Kemchum (17) ‘n gr. 12 leerder van Richard’s Bay Secondary School in KwaZulu-Natal, word sedert Vrydag 14 April 2023 gesoek nadat sy weggeloop het.
Reaction Unit South Africa sê volgens haar pa dat sy gesien is toe sy Vrydag ongeveer 14:30 haar skool in die Brackeham-area verlaat het en in ‘n wit Mercedes Benz, waarvan die registrasienommer onbekend is, geklim het.
Van haar klere word uit haar ouerhuis wat in Bottlebrush Bend in Veld En Vlei geleë is, vermis.
Haar pa het bevestig dat sy met vriende kontak gemaak het vanaf ‘n onbekende nommer om te sê dat sy veilig is, maar dat sy nie sal terugkeer huis toe nie.
Daar word vermoed dat sy in die geselskap van ‘n 30-jarige man is.
Indien enigiemand haar opmerk, kan Reaction Unit South Africa by 086 1234 gekontak word.
Volgens Missing Children South Africa is sy moontlik in Stanger area.
Richardsbaai SAPD – 031 325 6446
Kol. Mtshali – 079 854 1169
Missing Children South Africa – 072 647 7464
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



