DNA-uitslae bekend van vrou wat beweer sy is Maddie McCann

Deel hierdie storie / Share this story

Die DNA-toetse wat gedoen is om vas te stel of die Poolse vrou Julia Wandell dalk die ontvoerde Maddie McCann kan wees, se uitslae is bekend.

Dr. Fia Johansson, wat Wandell in die saak ondersteun, het die nuus op Instagram bekendgemaak. Wendell is nie die ontvoerde McCann nie.

Die Poolse vrou wat beweer het dat sy die ontvoerde Madeleine McCann kon wees, het haar verskyning op die bekende televisieprogram Dr. Phil gemaak.

In die onderhoud met Dr. Phil praat die 21-jarige Julia Wendell oor haar kinderlewe, haar geboortesertiikaat en vele meer.

Lees die vorige berig hier.