Lees ook: Man vermoor glo ouer broer oor oorskiet vleis
‘n Petisie wat vra vir ‘n geregtelike doodsondersoek na Chris Hani se moord het binne twee uur meer as 188 handtekeninge gekry sedert dit Maandag op Chang.Org geplaas is.
Chris Hani is op 10 April 1993 buite sy huis in Boksburg vermoor. Die Pool Janusz Waluś is skuldig bevind aan Hani se moord 30 jaar gelede en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is in Desember 2022 vrygelaat op parool en sal sy twee jaar parool in Suid-Afrika klaarmaak.
Die petisie is begin deur Tinyiko Ntini, SACP- sentrale komiteelid, wat gesê het ‘n geregtelike doodsondersoek moet uitgevoer word omdat Janusz vrygelaat is.
Bronne: IOL, Change.org, Ghanamma, Flipboard



