Russiese man word deporteer na hy kaal poseer op heilige berg in Bali

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe

‘n Russiese man gaan van Indonesië deporteer word nadat hy kaal op ‘n heilige berg in Bali poseer het.

Die foto van die man wat met sy broek om sy enkels op die berg Agung staan, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Die man, slegs identifiseer as Yuri, het om verskoning gevra, maar sal weerhou word om Indonesië weer vir ten minste ses maande te besoek.

Die Hindoe-nasie glo dat berg Agung, die hoogste punt op die eiland, die “tuiste van die gode” is. Die inwoners was kwaad en het gesê daar is geen verskoning vir wat hy gedoen het nie.

Bronne: BBC, NZ Herald, Independent

Lees ook: Moordenaars van Erna Gericke gevonnis