Man wat drie kapers doodskiet vrygespreek in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe

‘n Man wat uit selfverdediging drie kapers in Braamfontein doodgeskiet het, is in die hof vrygespreek.

Die hof het bevind dat die man en sy familielid bedreig was en dat hy redelik opgetree het.

Muhammed Ebrahim was in die hof op drie moordaanklagtes na hy drie mans op 3 Julie 2013 doodgeskiet het. Hy het vertel dat hy sy neef gaan oplaai het toe ‘n Golf voor hulle gaan stop het toe hulle langs die pad afgetrek het. ‘n Man met ‘n balaklawa oor sy gesig het uitgeklim en ‘n vuurwapen op sy neef gerig. Hy het vertel dat hy skote gehoor het wat uit die Golf kom, toe sy neef vir hom skree: “Skiet!”.

Hy het toe op die Golf geskiet terwyl die insittendes terugskiet. Toe alles stil raak, het hy besef die kapers is dood en sy magasyn is leeg.

Bronne: IOL, VN Explorer, Press Reader

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe