Lees ook: Unisa-studente betoog in Durban
Drie onderwysers van die Alfred Nzo-Oos-distrik is deur die Oos-Kaapse onderwysdepartement geskors vir beweerde seksuele misdrywe.
Dit volg na een van die leerlinge glo haar kop kaal geskeer het om haarself onaantreklik te maak vir een onderwyser wat na bewering by haar aangelê het.
Nog ’n leerling het glo gekla dat een van die onderwysers haar aan die boud gegryp en haar gestraf het toe sy weier om by sy huis te gaan kuier.
‘n Woordvoerder van diie Oos-Kaapse onderwysdepartement het Maandag gesê die onderwysers is geskors na ’n voorlopige ondersoek en dat ’n span sielkundiges gestuur is om die leerlinge te help na een van hulle verlede week selfdood probeer pleeg het.
Bronne: IOL, EC. Education, The Citizen
Lees ook: Unisa-studente betoog in Durban



