Jong vermiste seun (10) gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die seun (10) van Buffelsdraai in KwaZulu-Natal, wat gister weggeraak het, is gevind.

Reaction Unit South Africa sê die seun is na ‘n behoorlike soektog deur hulle beamptes en familie by die huis van bure opgespoor.

Die seun was deur die bure by die stortingsterrein in Buffelsdraai gekry en dié het hom gevra om saam met hulle huis toe te gaan.

Die bure het egter nie die seun se familie in kennis gestel dat hy in hulle sorg is nie.

Hy is veilig met sy familie herenig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel