Babadogtertjie in polisiestasie gebore

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Babadogtertjie is Maandag in die Kathu-polisiestasie se kliëntedienssentrum gebore.

Alles te danke aan konst. Violet Motlhole en Nomthandazo Bangiso, asook AO Mmota Rasekoai, bygestaan deur verpleegsters van Pitso van die Gamagara-munisipaliteit.

Die ma, wat reeds drie kinders het, was reeds in kraam toe sy by die sentrum instap en vir hulp vra. Die twee vrouekonstabels het onmiddellik beheer van die situasie oorgeneem.

Tshepiso, die klein babadogtertjie, is toe gebore en bystand is verleen met nageboortesorg. Ma en dogter is na Kuruman-hospitaal vervoer.

Lt.kol. Modise, die stasiebevelvoerder van Kathu, het sy dank teenoor die betrokke lede wat gehelp het tydens die geboorteproses, uitgespreek.

Dit wys weereens dat polisielede wat in die eerste linie diens verrig enige tyd vir enige situasie moet reg staan en volgens Modise, in hierdie geval, die wonder van geboorte wat in die polisiestasie plaasgevind het.

Hy het genoem dat die baba goed vaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel