Lees ook: AKA-moord: Polisie wil glo nie inhegtenisneming bevestig
Tony en Lynn Forbes, die ouers van Kiernan “AKA” Forbes, het gevra vir geduld terwyl die polisie besig is om sy moord te ondersoek.
Die familie het Woensdag ‘n verklaring vrygestel wat die publiek bedank vir hulle ondersteuning en waarin hulle gevra het vir geduld vanaf die publiek sodat die ondersoek ongesteurd kan voortgaan.
Die verklaring volg na vyf mans glo in verband met AKA se moord in hegtenis geneem is. Die mans sal na verwagting na KwaZulu-Natal vervoer word vir ondervraging.
Bronne: IOL, ZAlebs, Algoa FM
Lees ook: AKA-moord: Polisie wil glo nie inhegtenisneming bevestig



