AKA-moord: Polisie wil glo nie inhegtenisneming bevestig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in AKA-moord in hegtenis

Die KwaZulu-Natalse polisie het glo geweier om te bevestig of drie mans in hegtenis geneem is vir die moord op Kiernan “AKA” Forbes.

Dit is Maandag berig dat drie mans Sondag in Kaapstad in hegtenis geneem is en IOL het berig dat ’n bron na aan die ondersoek gesê het die verdagtes sal Durban toe vervoer word waar hulle aangekla sal word.

The Citizen het berig dat die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder hulle na die KwaZulu-Natalse polisie verwys het, maar die KwaZulu-Natalse polisie het ook nog niks bevestig nie.

Bronne: The Citizen, Algoa FM, The World News

Lees ook: Verdagtes in AKA-moord in hegtenis