SIU kry lasbrief vir huise in Gauteng en Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe

Die spesiale ondersoekeenheid (SIU) het aangekondig dat hulle ‘n lasbrief het om twee residentiële eiendomme te deursoek wat verbind is aan ‘n R4.3 miljoen PPE-ondersoek in Gauteng en die Noord-Kaap.

Die SIU is Maandag die lasbrief toegestaan deur die Boksburg- en Galeshewe-landdroshowe om twee residestiële eiendomme in Galeshewe en Boksburg te deursoek.

Die eiendomme is glo aangemeld as plekke vir besigheid vir Masedi Star PTY (Ltd).

Kganyago het gesê die soektog hou verband met ‘n SIU-ondersoek na verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PPE) in die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke, wat getoon het dat Masedi Star tussen Maart en Julie 2020 nege kontrakte ter waarde van ongeveer R4,3 miljoen gekry het.

Bronne: IOL, VN Explorer, SIU

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe