Die twee mans aangekla van die moord op ‘n pensionaris van Barrydale in die Wes-Kaap is in die hooggeregshof op Swellendam gevonnis.
John Lee Bron (20) is tot 38 jaar tronkstraf gevonnis en Jacobus Simon Skondo (26) is tot 41 jaar tronkstraf gevonnis.
Die twee is in hegtenis geneem nie lank na die liggaam van Erna Gericke (66) op ‘n staproete op 21 Maart 2021 gevind is.
Gericke het glo die Sondag gaan stap en haar voertuig in die parkeerarea naby Rondomskrik gelos. Haar man het haar as vermis aangemeld toe sy nie teruggekom het nie.
Sy is Maandag 21 Maart gekry en haar voertuig, wat ook weg was, is later naby Tradouwhoek gevind met die regter voorste venster stukkend geslaan.
Die twee verdagtes is later in hegtenis geneem. Een van hulle het die spaarsleutel van Gericke se motor gehad.
Bronne: IOL, The Pink Brain, Flipboard
Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe



