Onderwysers in openbare skole hou aan met seksuele misdrywe teen leerlinge – Angie Motshekga

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe

Angie Motshekga het glo in haar antwoord aan die DA se Desiree van der Walt gesê onderwysers in openbare skole aanhou om leerlinge seksueel te misbruik en aan te rand ten spyte van streng aksie en skorsings omdat hulle die gedragskode vir onderwysers oortree.

Van der Walt het Motshekga gevra om meer inligting te verskaf oor die aantal sake van seksuele misdrywe gerapporteer aan die Suid-Afrikaanse raad van onderwysers van 2019 tot verlede jaar.

Sy het ook gevra oor die hoeveelheid disiplinêre verhore wat die onderwysers moes bywoon en hoeveel skuldig bevind is.

Motshekga het gesê in die 2019/2020 finansiële jaar is 92 onderwysers aangekla van misdrywe. In 2020/2023 het die getal gestyg tot 169 en verlede jaar was dit 191.

Sy het gesê die aantal disiplinêre verhore was 23.

In 2019/2020 is 17 onderwysers skuldig bevind. Sewe is skuldig bevind in 2020/2021 en 19 in 2021/2022.

Onderwysers wat op die lys van seksuele misdadigers geplaas is, was in 2019/2020 tien, In 2020/2021 was dit 11 en 19 verlede jaar.

Bronne: IOL, VN Explorer, The Citizen

Lees ook: Drie onderwysers in Oos-Kaap geskors oor beweerde seksuele misdrywe