Janien Cronje (23), ‘n spiesgooier en afrigter van die Paarl in die Wes-Kaap, is op 18 Maart 2023 aan breinvliesontsteking oorlede.
Janien sou Sondag 24 jaar oud word.
Die volgende plasing is op 19 Maart 2023 op die Leg 4 Janien Facebook-blad geplaas:
“Hi almal ons stel julle net in kennis dat Janien is by haar hemelse huis. Dit is baie hartseer vir ons maar sy is nou op n plek waar sy perfek is. Baie dankie vir elkeen se gebede en ondersteuning.
Ons sal julle laat weet wanneer die herdenkingsdiens sal wees.
Groete Janien se Familie”
Dit was twee dae gelede opgevolg met ‘n plasing wat haar skielike heengaan verduidelik, hier is ‘n gedeelte daarvan:
“Goeie Naand almal
Baie van julle wonder seker wat het gebeur hoekom Janien so skielik Hemel toe is
Sy het einde Januarie begin sleg voel, my ouers het haar ongevalle toe gevat weens haar gesig begin swel het waar hulle n lumber punch gedoen het en bevestig het, dit is breinvliesonsteking en dat haar infeksie in haar brein baie hoog is. Sy is toe opgeneem .
Sy was vir 4 dae in die hospitaal om die swelling onder beheer te probeer kry. Sy is Maandag 20 Feb. ontslaan . Ons huisdokter en wonderlike susters het my ouers gehelp om haar te versorg en die nodige medikasie te gee .. Janien se liggaam het al swakker geword en sy kon nie meer die erge infeksie veg nie, Sy is op 18 Maart om 19:00 na haar hemelse huis toe ..”
Reëlings vir haar lewensviering:
Haar lewensviering vind op 1 April 2023 te Le Bac Paarl om 10:00 plaas. Daar is gevra dat geen swart kledingstukke gedra moet word nie, aangesien dit haar lewensviering is.
Hier is ‘n kort vertelling van Janien en wat met haar been gebeur het:
Sy het kort voor haar 23ste verjaarsdag verneem dat sy haar been bokant haar knieg gaan verloor weens osteasarkoma (kanker) in die tibea van haar been. Terwyl sy met behandeling begin het kon die amputering nie vermy word nie omdat die gewas (tumor) reeds groot was en sy toe reeds soveel pyn verduur het dat sy slegs kon lê.
Sy was ‘n kranige atleet en ‘n spiesgooier. Sy het die nuus ontvang en was verstaanbaar hartseer, maar het gekies om ‘n vol lewe te geniet. Hierna het Leg 4 Janien ontstaan waarna fondse vir ‘n prostese-been ingesamel is. Sy het met vasberadenheid en hulp van fisioterapeutiese oefening onafhanklik rond beweeg.
Op 20 Desember 2022 het sy haar permanente prostese-been gekry.
Kyk jy na video’s wat op die groep geplaas is, is daar die een ding wat opgemerk word van haar en dit is die ewige teenwoordige glimlag op haar gesig.
Op 18 Januarie het sy foto’s geplaas waar sy gewys het hoe sy Amplified Bybel-bladsye op haar prostese aangebring het.
“Sê my wat dink julle daarvan? Want ek is mal daaroor!!!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



