LEES OOK: Ontvoerde sakeman van Maclear gevind
‘n Man in sy 20’s is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem nadat hy op die R512 in Lanseria deur ‘n motor raakgery is.
ER24-paramedici is omstreeks 13:00 na die toneel ontbied waar hulle die man langs die pad aangetref het.
Die motor wat die man raakgery het, het ‘n ent verder tot stilstand gekom.
Paramedici het die man op die toneel geassesseer en hom vir sy kritieke beserings behandel voordat hy met ‘n helikopter na ‘n mediese fasiliteit geneem is.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie, maar owerhede is besig met ‘n ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



