Hawelose man doodgeskiet toe hy vir pizza vra

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Ontvoerde sakeman van Maclear gevind

‘n Hawelose man is op 25 Maart op Witrivier doodgeskiet toe hy ‘n man vir ‘n pizza gevra het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Witrivier het Saterdagaand omstreeks 19:00 ‘n geweerskoot naby die polisiestasie gehoor. Toe hulle gaan ondersoek instel, het hulle ‘n groep mense in die pad aangetref waar die slagoffer se lewelose liggaam gelê het.

Met verdere ondersoek het die polisie vasgestel dat die slagoffer in sy hand en in sy bors geskiet is.

Die slagoffer het die 39-jarige verdagte glo vir ‘n pizza gevra. Die verdagte het geweier, waarna die hawelose man die verdagt glo met ‘n ketting aangerand het. Dis toe wat die verdagte glo ‘n vuurwapen gebruik het om die slagoffer te skiet.

Nooddienste is na die toneel ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel