Rynhardt Stander, mediaskakelpersoon vir die radiostasie Luister!FM, sê die huidige direkteure het besluit om, in die lig van mediaberigte wat tans die rondte doen, besluit om hulle amptelik te distansieer van die vorige direkteur, Carel du Preez.
“Die berigte rig ernstige skade aan die reputasie van Luister!FM,” noem Stander in ‘n verklaring. “Die doel van hierdie verklaring is om die verhouding tussen die voormalige direkteur en die huidige direksie duidelik te maak. Carel du Preez het reeds verlede jaar bedank as direkteur van Luister!FM en is tans op geen manier verwant aan die stasie nie. Sy bedanking was vrywillig en met onmiddelike effek.”
Die huidige mediaberigte wat rondom Carel du Preez ontstaan het, het dus geen verband met Luister!FM nie, sê Stander.
Dit volg na die 30-jarige Riana Pretorius wat in Gqeberha ontvoer is, weer veilig by die huis is nadat ‘n losprys van R2 miljoen van haar familie geëis is vir haar veilige terugbesorging.
Mediaberigte dui aan dat Carel du Preez, Pretorius se kêrel, glo finansiële moeilikheid by sy besigheid ervaar het.
“Die direkteure, personeel en omroepers distansieer dus van enige kommentaar, nuusberig, of wat ook al rakende Carel du Preez. Aangesien die media-histerie voortspruit uit die ontvoering van Riana Pretorius en al die wilde bewerings wat daarmee verband hou, word versoek dat die persone wat op sosiale media sogenaamde feite deel, dit eerder aan die ondersoekbeampte, lt.kol. Swanepoel, sal openbaar in die belang van reg en geregtigheid. Die afdeling georganiseerde misdaad dra die mandaat vir hierdie spesifieke ondersoek, maar enige van die gelyste “crime stop” nommers wat deur die SAPD beskikbaar gestel word, kan van gebruik gemaak word.”
“Luister!FM is toegewy daaraan om reg en geregtigheid te laat geskied, maar ons is ook toegewy daaraan om nie nie deel te vorm van blatante ongegronde aanvalle op enige individue nie. Ons vra die gemeenskap om versigtig te wees in die verband, aangesien gewentenlose opmerkings trauma heg aan partye, wat dit dalk nie verdien nie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



