LEES OOK: VIDEO: Man skree glo heelnag om hulp, 17 uur later dood aangetref
Die SAPD sê hy het kennis geneem van ‘n opsetlike vals verklaring in die media wat aan die provinsiale adjunk-sekretaris van die EFF toegeskryf word. Dit lui dat die EFF met die polisie ooreengekom het om terug te marsjeer na die Stad Polokwane om die SSK te beset.
Die verklaring is vandag, Maandag 20 Maart 2023, op ‘n aanlyn publikasie gepubliseer.
Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het hierdie “onverantwoordelike stelling wat neerkom op aanhitsing van geweld” ten sterkste veroordeel.
“Hierdie stelling is heeltemal ongegrond en ver van die waarheid. Indien die optog wel plaasvind en misdade in die proses gepleeg word, sal die organiseerders en leiers aanspreeklik gehou en gearresteer word,” het lt.genl. Hadebe gesê.
Die verklaring noem verder dat die EFF van voorneme is om die N1-pad soos verlede jaar te versper.
“Die N1-pad was nooit in die verlede versper nie en die polisie sal nie toelaat dat dit nou of in die toekoms gebeur nie. Ons sal geen wetteloosheid duld waar die regte van ander bedreig word nie,” het lt.genl. Hadebe bygevoeg.
“Ons wil ons wetsgehoorsame gemeenskappe verseker dat die ontplooiings wat ons tot dusver gemaak het, sal voortgaan om die veiligheid van almal te verseker. Sedert die betogings begin het, was ons provinsie relatief kalm met enkele voorvalle van betogers wat probeer het om die paaie te versper, maar ons lede was byderhand om daardie situasies te hanteer. In voorvalle waar misdade gepleeg is, is arrestasies gemaak,” sluit lt.genl. Hadebe af.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



