Knysna-polisie vra hulp om vermiste vrou (24) op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: VIDEO: Man skree glo heelnag om hulp, 17 uur later dood aangetref

Die Knysna-polisie vra die gemeenskap se hulp om die vermiste Yibanathi Tizana (24) van Rolihlahlastraat, White Location in Knysna op te spoor.

Volgens kapt. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, toon dat sy haar woning op Woensdag 15 Maart 2023 verlaat het en nooit teruggekeer het nie. Haar familie het haar Vrydag 17 Maart as vermis aangemeld.

Die ondersoekbeampte, sers. Shaun Quine, versoek die publiek om na vore te kom met enige inligting wat haar veilige opsporing kan verseker. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 044 302 6677 of 084 588 4830 kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel