‘n Onbekende man het na bewering Sondagoggend om 10:00 en vir verskeie ure daarna om hulp geroep, voordat hy 17 uur later dood aangetref is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) is Maandagmiddag na die toneel in Pioneerstraat in Redcliffe, KZN, uitgeroep. Met lede se aankoms op die toneel het hulle ‘n groep inwoners aangetref wat ‘n man langs ‘n grondpad uitgewys het.
Die man is op die toneel dood verklaar. Hy is sonder sy skoene en met verskeie beserings gevind.
Volgens inwoners het die man dwarsdeur die nag om hulp geroep.
Hy is nog nie geïdentifiseer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



