EFF haal astronomiese boete in Kaapstad op die hals

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF het vir hulself ‘n rekening wat drie dae gelede reeds R154 200 was op die hals gehaal met 300 plakkate wat reeds in Kaapstad verwyder is.

JP Smith, politikus, se die verordening op buitelugreklame en naamborde verbied die onwettige vertoon van tekens, soos wat die EFF deur die metropool opgerig het.

Spanne word getaak om sulke borde te verwyder. Die koste daaraan beloop R514 per plakkaat.

Die EFF sal dus ‘n faktuur ontvang vir die bedrag, tesame met ander bykomende dienste wat nodig mag wees as gevolg van hul voorgestelde stilstand-protesaksie, vir enige skade wat aan infrastruktuur of eiendom aangerig word.

Wanneer die publiek sulke plakkate identifiseer, kan hulle dit op die stad se C3-aanlyn stelsel rapporteer wat deur verskillende buurtwagte gebruik word.

“Not in our City. Not in Cape Town.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel