Ruan word deur sy familie gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Ruan Jacobs (25) van Marlands, Primrose, Ekurhuleni, word gesoek nadat hy Vrydag 17 Maart 2023 om 11:00 vermis geraak het.

Hy was geklee in ‘n blou denimbroek en ‘n wit hemp met swart strepe. Hy het ‘n tatoe op sy regterarm.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan hul met die Marland-polisiestasie in verbinding tree.

Alternatiewelik kan Corrie Jacobs by 065 660 4114 gekontak word.

Marland-SAPD 2333/03/2023

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel