Beweerde dronkbestuurder in hegtenis na tref-en-trap

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: VIDEO: Man skree glo heelnag om hulp, 17 uur later dood aangetref

‘n Beweerde dronkbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy Sondagmiddag na bewering weggejaag het ná ‘n botsing in Lenhamrylaan in Westham, KZN.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) was omstreeks 22:41 op patrollie in die gebied toe hulle gesien het hoe ‘n silwer Toyota Corolla met ‘n wit Toyota Hilux-bakkie bots.

Reaksiebeamptes het die ligte motorvoertuig agternagesit nadat die bestuurder weggejaag het. Beamptes het daarin geslaag om die motor sowat 500 meter verder in te haal. Die bestuurder was glo erg onder die invloed en het beweer hy kan nie van die voorval onthou nie.

Hy het Rusa-lede glo wel daarvan ingelig dat hy alkohol by ‘n kroeg gedrink het en onthou dat hy kort nadat hy weg is in ‘n ongeluk betrokke was. Die agterkant van sy voertuig is ook beskadig.

Die 44-jarige is in hegtenis geneem en aan die Phoenix-SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel